Grootvorstedom Moskou

Великое княжество Московское
Welikoje knjazjestwo Moskofskoje

Prinsdom van Moskou

1283 – 1547
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Moskowië
Ligging of Moskowië
Territoriale ontwikkeling tussen 1390 en 1530
Hoofstad Moskou
Taal/Tale Oudslawies
Godsdiens Russies-Ortodokse Kerk
Regering Monargie
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Stigting 1283
 - Stigting van die Tsaredom Rusland 22 Oktober 1547
Geldeenheid Russiese roebel

Die Grootvorstedom Moskou (Russies: Великое княжество Московское, Welikoje knjazjhestwo Moskofskoje),[1] of bloot Moskowië (van die Latynse Moscovia),[2] was 'n vorstedom, of prinsdom, van Kiëf-Roes tydens die laat Middeleeue. Dit was om Moskou gesentreer en was in die vroeë moderne tydperk die voorloperstaat van die Tsaredom Rusland. Dit is regeer deur die Rjoerik-dinastie, wat sedert Kiëf-Roes se stigting die heersers was.

Die staat het ontstaan in 1263, toe die prins van Wladimir-Soezdal, Aleksander Nefski die grootvorstedom gstig het as erfdeel vir sy seun Daniël I. Moskowië was aanvanklik 'n vasalstaat van die Goue Horde wat heffings aan die khans betaal het en troepe verskaf het vir hulle oorloë.

Moskou het sy moederstaat Wladimir-Soezdal teen die 1320's oorskadu en later verskeie bure geannekseer, insluitende die Republiek Nowgorod in 1478 en die Vorstedom Twer in 1485. Dit het tot 1480 'n vasalstaat van die Goue Horde gebly totdat dit die horde verslaan het, hoewel daar gereeld opstande en verskeie geslaagde veldtogte teen die Mongole was. Een daarvan is 'n opstand wat deur Dmitri Donskoi gelei is teen die destydse leier van die Goue Horde, Mamai, in die Slag van Koelikowo in 1380.[3]

Iwan III het die staat in die 43 jaar van sy bewind verder gekonsolideer en veldtogte gevoer teen sy grootste oorblywende teenstander, die Groothertogdom Litaue. Teen 1503 het hy sy ryk verdriedubbel. Iwan se opvolger, Wasili III, het ook militêre suksesse behaal en Smolensk in 1512 van Litaue afgeneem; hy het Moskou se grense tot by die Dnjepr verskuif. Wasili se seun, Iwan IV (later bekend as "Iwan die Verskriklike") is in 1547 gekroon en het die titel "tsaar" aangeneem. Hy het ook die Tsaredom Rusland (Царство Русcкое, Tsarstwo Roesskoje) gestig.

  1. Florinsky, Michael T. (1965). Russia: a History and an Interpretation (in Engels).
  2. Introduction into the Latin epigraphy (Введение в латинскую эпиграфику) Geargiveer 10 Maart 2021 op Wayback Machine.
  3. Davies, B. Warfare, State and Society on the Black Sea Steppe, 1500–1700. Routledge, 2014, p. 5

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search